Afgeleide Instrumente
Bester Derivative Trading (BDT) is n afgeleide handel diens wat as n aanvulling tot die bestaande pakket van verhandelings dienste aan Bester kliënte beskikbaar is. In die afgelope paar jaar het kommoditeits markte volatiel geraak as gevolg van n groot groei in aanvraag, uiterse weerstoestand patrone, volatiele geldeenheid markte en die groeiende aanvraag vir hernubare energie bronne.
Deelnemers aan die kommoditeits markte is onlosmaaklik blootgstel aan prysonsekerheid. Hierdie onsekerhede kan deur middel van verskansingsinstrumente bestuur word.
BDT beoog om aan elke kliënte, uniek tot hul eie situasies, prysverskansings oplossings te bied in hierdie markte. Kliënte sal in staat wees om hul eie afgeleide instumente rekening te registreer deur middel van BDT. Kliënte sal ook gebruik kan maak van ervare afgeleide handelaars vir bystand in die bou van sinvolle en effektiewe verskansings strategieë.
BDT fokus op produkte wat verhandel op die Safex landbou kommoditeits afdeling sowel as die Safex globale kommoditeits afdeling. Hierdie lys van kontrakte sluit in:
Suid Afrikaanse GraneWit Mielies
Geel Mielies
Koring
Sonneblom Saad
Sojabone
Sorghum
SAVI Wit Mielies (SA volatiliteits indeks mbt Wit Mielies op Safex)
Buitelandse Landbou Produkte
CBOT Koring
CBOT Soft Red Wheat
CBOT Soja kompleks (Bone, Meel en Olie)
Ander Buitelandse Kommoditeite
NYMEX Ru Olie
NYMEX Goud, Platinum en Silwer
NYMEX Koper
BDT beoog om te bou op die sterk verwantskap met sy kliënte in die landbou mark, maar beoog ook om nuwe verhoudings met deelnemers in ander industrieë, wat ook verwant is aan kommoditeits markte, te bou.
Kontak asb. Johann Reinecke of Gemine Schindehutte om n rekening te registreer.
| Johann Reinecke | 021 809 2547 | This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it |
| Gemine Schindehutte | 021 809 2535 | This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it |






