top_menubar

Besigheidsprofiel

Agtergrond

Bester Voer & Graan (Edms) Bpk. (BESTER) is in 1994 gestig met die doel om landbouprodukte te bemark nadat landboubeheerrade uitgefaseer is. Die organisasie, waarvan die hoofkantoor in Stellenbosch is, het sedertdien gegroei tot een van die top landbou-bemarkingsorganisasies in Suider-Afrika, met ? omset van R2 miljard en ? personeelkorps van 100 mense.

gustav bester leon ekermans mohammad karaan
Gustav Bester Dr. Leon Ekermans Prof. Mohammad Karaan
Besturende Direkteur Direkteur Direkteur

Posisionering

By BESTER is ons voortdurend aan die werk om 'n beter toekoms te skep vir almal by wie ons betrokke is. Verandering motiveer ons om grense te skuif en nuwe standaarde te stel. Dit hou ons relevant, op hoogte van nuwe ontwikkelings en bedag op markaanwysers. Dit mobiliseer ons vir 'n toekoms wat berus op elke innoverende besluit wat ons neem. Ons verander nie bloot ter wille van verandering nie; ons streef na verandering in die belang van vooruitgang. Dit is die mantra waarvolgens ons leef. Dít, kortweg gestel, is die pad wat BESTER gekies het. Vooruitgang is 'n ingesteldheid.