In- en Uitvoer
BESTER is sedert 1996 by internasionale handel betrokke. Ons koop regstreeks van goedgekeurde bronne en vervaardigers ten einde te verseker dat produkte aan die vasgestelde gehaltestandaarde voldoen. Ons bied 'n volledige logistiekdiens, wat die volgende insluit: oorgrensvervoer, klaring en versending, berging, en aflewering by ons kliënt se perseel.






