SEB
BESTER het in 2005 die strategie aangeneem om ons SEB-(Swart Ekonomiese Bemagtiging) doelwitte stelselmatig uit te voer en te verbeter. Ons is verbind tot die beginsels vervat in die wetgewing wat met SEB verband hou. Ons het in 2007 'n QSE ("Qualifying Small Enterprise") sertifikaat uitgereik waarvolgens ons bydrae as Vlak 2 gegradeer is. Intussen het die maatskappy beduidend gegroei, sodat gradering opnuut nodig is. Ons het die geakkrediteerde Dorrington Matthee Consulting aangestel om ons huidige SEB-telling te bepaal en ons voortgesette SEB-program te implementeer.






