top_menubar

Gemeenskapsdiens


BESTER besef ons het 'n verantwoordelikheid om iets tot die gemeenskap by te dra.

ACVV

Ons werk al sedert 2007 saam met die ACVV op Stellenbosch, waar BESTER jaarliks Kersgeskenke aan behoeftige kinders in pleegsorg skenk.

ACVV


Stellenbosch Werksentrum

Die Werksentrum is 'n beskermde sentrum vir volwassenes met beperkte verstandelike en/of fisieke vermoëns. Die doel is om persone met 'n gestremdheid deur werkrehabilitasieprogramme te help om 'n wyer verskeidenheid arbeidsvermoëns te ontwikkel en sodoende meer onafhanklik en toereikend in die gemeenskap te funksioneer. BESTER dra by tot die missie van hierdie instansie deur die Werksentum op verskeie maniere te ondersteun.