top_menubar

Loopbane

Hier by BESTER glo ons dis belangrik dat ons mense van gehalte sal aantrek. Mense is immers die hart en siel van ons onderneming.

'n Loopbaan by BESTER is beslis 'n geleentheid wat maar een keer in die lewe verby kom!

Dit is nie net omdat jy dan vir 'n dinamiese, groeiende maatskappy in 'n lieflike omgewing sal werk nie, maar ook omdat jy deel sal wees van 'n lewendige span waar mense waardering vir jou idees en voorstelle sal hê en waar jy die geleentheid sal kry om tot iets groots by te dra en werklik 'n verskil te maak.

Ons is gedurig op soek na energieke presteerders wat by ons span kan aansluit. Daar is 'n wye verskeidenheid geleenthede wat lê en wag op dinamiese mense met goeie kwalifikasies. Van handel tot finansiële administrasie, van logistiek tot sakeadministrasie – BESTER bied al die uitdagings wat jy maar kan begeer om jou verwagtings, vaardighede en kwalifikasies te ontgin.

Ons is ernstig oor mense wat 'n loopbaan by ons wil bou. Daarom doen ons nie net moeite om die regte werknemers aan te trek nie, maar ook om sulke mense te behou. Ons doen dit deur aan hulle geleenthede vir opleiding en loopbaanontwikkeling te bied, hulle mildelik te beloon en deur die skep van ? positiewe werksomgewing.

As jy reken jy beskik oor die eienskappe wat die BESTER profiel pas, skakel gerus met ons Menslikehulpbronne Praktisyn.