Bextrans
Bextrans is 'n padvervoermaatskappy wat spesialiseer in die verskuiwing van grootmaat-, pallet en houergoedere in Suider-Afrika. Bexfleet poog om entrepreneurskap te bevorder en voertuigeienaars toegang te gee tot skaalvoordele deur die Bextrans-handelsmerk te dra.
Bextrans verskaf markleidende logistieke oplossings deur middel van die volgende gespesialiseerde besigheidseenhede:
- Losmaat Tipper-afdeling
- Platbak & Abnormale-vrag afdeling
- Tautliner & FMCG-afdeling
- Oorgrensafdeling
- Houerafdeling
BCF International
BCF International het as 'n interne versending-afdeling in Zambië begin om dienslewering aan die handelsafdelings te verbeter, en het gegroei tot 'n alleenstaande streekspeler met kantore in beide Zambië en Suid-Afrika. Die groep bied met trots lugvrag-, seevrag- en padvragprodukte, aangevul met doeane-klaring, bestellingsbestuur en pakhuisoplossings aan kliënte. BCF International bied kliënt-gefokusde oplossings deur middel van innoverende tegnologie, spesialis kennis en uitnemende diens.
Teraka
Teraka (Edms) Bpk, 'n BexGroup-maatskappy, is 'n Vlak 2 B-BSEB vervoer- en logistieke maatskappy wat spesialiseer in die beweging van grootmaat, vinnig bewegende verbruikersgoedere (FMCG), houergoedere en gepalletiseerde goedere. Teraka, geleë in Stellenbosch, is in 2017 gestig as gevolg van groei- en vraagaanwysers in die vervoersektor.
Teraka bied aan kliënte vinnige en betroubare dienste wat gefokus is op, maar nie beperk is tot die volgende sektore:
Grootmaat vervoer
Die vervoer van los grootmaat kommoditeite vorm 'n groot deel van ons besigheidskundigheid en -bedrywighede. Vragte word met tipwa-vragmotors vervoer (valkant, bottom dumper, kant-tip en loopvloer vragmotors). Ons bedien kliënte in die landbou- minerale- en mynboumarkte regoor Suid-Afrika.
FMCG & Gepalletiseerde Goedere
Die snelbewegende verbruikersgoedere-sektor (FMCG) is een van die grootstes ter wêreld en dra aansienlik by tot die Suid-Afrikaanse bruto binnelandse produk (BBP). Snelbewegende en gepalletiseerde goedere word met Tautliner-, Platbak- of Drie-as vragmotors vervoer.
Houervervoer
Die vervoer van houers na en van alle Suid-Afrikaanse hawens is nog 'n sleutelarea van die besigheid. Hierdie sektor se groeipotensiaal is een wat Teraka voortdurend monitor om 'n groter markaandeel te verkry.