Graan
Bester se graanafdeling bestuur die bemarking- en voorsieningsketting – van produksie tot verwerking – van winter- en somergraan produsente en meulenaars in die menslike sowel as veevoersektore.
WINTERGRAAN
- Koring
- Gars
- Hawer
- Kanola
- Korog
- Lupiene
SOMERGRAAN
- Witmielies
- Geelmielies
- Sonneblom
- Sojabone
- Sorghum
Bemarkingsinstrumente
Produsente weet hoe om produksierisiko te bestuur. Wat prysrisiko betref, is die nodige beskerming ongelukkig nie altyd beskikbaar nie. Bester bied 'n wye reeks bemarkingsinstrumente om prysrisikobestuur te verseker. Kliënte kan hul eie kombinasie van ons bemarkingsinstrumente kies. Elkeen van hierdie instrumente het sy eie risikoprofiel ten opsigte van prys en lewering.
Sommige van die instrumente wat gebruik word, sluit in:
- Bester Graanbemarkingsplan (BGB-plan)
- Pryse op persoonlike mandaatvlak
- Vooruitprysings
- Basiskontrak
- Uitgestelde prysingskontrak
- Minimum pryskontrak
- Kommoditeitsmarkkontrak
- Plaaslaai
Elke kliënt se situasie is uniek, daarom adviseer Bester almal volgens hul eie behoeftes. Bester kan jou help om die beste kombinasies van bemarkingsinstrumente te vind wat by jou behoeftes sal pas en sodoende jou winsgewendheid op die lang termyn sal verhoog.
Afrika
Bester Zambië
Bester Voer & Graan Zambië (Bester Zambië) het sy deure in Oktober 2015 in Lusaka geopen ná Bester se aktiewe handelsbetrokkenheid in Suider-Afrika die afgelope 8 jaar. Die verkryging van veevoer-roumateriaal is van Botswana, Zimbabwe, Zambië, Mosambiek, Malawi en Tanzanië verkry. Deur hierdie netwerk te gebruik was dit 'n natuurlike oorgang om die maatskappy se voetspoor in Afrika uit te brei deur die besigheid in Zambië te registreer.
Bester Zambië spesialiseer in die verkryging en verhandeling van veevoer-grondstowwe soos:
- Soja-oliekoek
- Sonneblom-oliekoek
- Katoen-oliekoek
- Mieliesemels
- Koringsemels
- Katoendoppe
- Katoensaad
- Melasse
- Grane soos sojabone, koring en mielies
Alle grondstowwe en graan word direk van goedgekeurde produsente, oliekoekperse en meulenaars verkry. Bester Zambië bied 'n volledige logistieke diens wat padvervoer, skoonmaak, pakhuise en aflewering direk vanaf die bron na die kliënt se perseel insluit. Bester Zambië bied 'n volledige logistieke diens wat padvervoer, skoonmaak, pakhuise en aflewering direk vanaf die bron na die kliënt se perseel insluit.
Bester Namibië
Bester Voer & Graan Namibië (Bester Namibië) werk in samewerking met Bester Voer & Graan en Bester Zambië in die verhandeling van grane en veevoerkommoditeite in Suider-Afrika streek. Benewens die lewering van dienste aan die Namibiese verbruikers en verskaffers van graan en voer, is Bester Namibië ook betrokke by uitvoere vanaf Namibië, in ooreenstemming met die belasting-, kommersiële en valutavereistes van die Namibiese Regering. Tipiese uitvoerprodukte sluit in vismeel en vleis- en beenmeel.
Bester Fruit & Nuts
Verkryging, verwerking en uitvoer is die drie hooffunksies van Bester Fruit & Nuts (BFN). Hierdie funksies word geïnkorporeer in 'n handelsoplossing wat voortdurend verbeter word om die skakel tussen produsente se produkte en die internasionale verbruikersmark te versterk. BFN bestuur die hele voorsieningsketting om te verseker dat kliënte regoor die wêreld hul produkte op die mees doeltreffende en tydige wyse ontvang.
Bester Fruit & Nuts verkoop pekanneute in drie vorme: 1) in-dop, 2) helftes en 3) stukkies.
Bester Fruit & Nuts is geaffilieer met:
Bester Fertilizer
Bester Fertilizer is in Junie 2023 wat konsentreer daarop om die verskaffingsketting van landbou-insette te optimaliseer. As ’n spesialis in die verskaffingsketting streef ons daarna om ’n strategiese vennoot met aankope vir ons kliënte te wees. Ons benut ons kennis van en insig in die mark om produkte van topgehalte teen mededingende pryse te bekom sodat ons kliënte die koste van hul graaninsette optimaal kan bestuur. Ons bemiddel die proses van die invoer, hantering, vermenging en aflewering van produkte vir alle soorte gewasse aan kliënte regoor Suider-Afrika.