Korporatiewe Maatskaplike Verantwoordelikheid (KMV)
Korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid is 'n breë term wat gebruik word om 'n organisasie se bydrae om die samelewing binne en buite die kantoor te verbeter, te beskryf. Korporatiewe sosiale verantwoordelikheid dui aan dat 'n organisasie verbind is tot sy mense – sy personeel, hul gesinne, kliënte, gemeenskappe en enige ander mense betrokke by die maatskappy; die behoud van die omgewing en die impak wat dit op daardie ekonomie het.
BexGroup was nog altyd bewus daarvan om ‘n bydrae tot die gemeenskap te lewer, maar het tot nou toe nie 'n toegewyde afdeling gehad om dit te bestuur nie. Daar is besluit om dit in 2021 aan te spreek, en 'n afdeling vir korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid is by BexGroup gestig.
Wat BexGroup anders maak as baie ander maatskappye met so ’n tipe afdeling, is dat ons kies om hierin deel te neem omdat ons glo dat dit belangrik is.
Die geluk van die personeel, die welvaart wat 'n maatskappy bydra asook die impak op die omgewing is ewe waardevol. Dit is met dit in gedagte dat BexGroup sy afdeling vir korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid op die been gebring het.
Breë-gebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging (B-BSEB)
Bester Voer & Graan (Edms) Bpk is toegewy tot die beginsels van die wetgewing rakende Breë-gebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging (B-BSEB). Die opheffing van voorheen benadeelde individue en gemeenskappe is 'n noodsaaklike deel van ons langtermyn strategie en sakemodel.
Kontak asseblief ons hoofkantoor vir ons B-BBEEE-verifikasie.
Volhoubaarheid
In 2023 is ons teikens vir kweekhuis-gasvrystellings amptelik deur die Science Based Targets-inisiatief (SBTi) goedgekeur. Deur aan SBTi se kriteria te voldoen, het ons ons fokus en verantwoordelikheid versterk, met die doel om ons koolstofvoetspoor in ons maatskappy te verminder. Hierdie goedkeuring versterk nie net ons toewyding aan volhoubare praktyke nie, maar dien ook as 'n waardevolle padkaart na 'n meer volhoubare toekoms.