parallax background

Ons Kontak Details


Stellenbosch Hoofkantoor

Elektronweg 29, Tegnopark, Stellenbosch, 7600

Posbus 7329, Stellenbosch, 7599

Telefoon: +27 (0)21 809 2500

Faks: +27 (0)86 618 8924

E-pos: info@bester.co.za

DEPARTEMENTE:

Graan: grain@bester.co.za

Veevoer: animalfeeds@bester.co.za

Bester Fruit & Nuts: bfnsales@bester.co.za

Stuur vir ons 'n boodskap

Neem asseblief kennis: Velde gemerk met 'n asterisk(*) word vereis.


    parallax background

    Loopbane


    By Bester glo ons in die belangrikheid daarvan om kwaliteit mense te lok. Mense is immers die hart en siel van ons besigheid. 'n Loopbaan by Bester is sonder twyfel die geleentheid van 'n leeftyd!

    Dit is meer as net om vir 'n dinamiese, groeiende maatskappy in 'n pragtige omgewing te werk; dit is die kans om deel te wees van 'n lewenskragtige span waar jou idees en insette waardeer word en waar jy die geleentheid het om tot iets groots by te dra en jou volle potensiaal te ontwikkel. Ons is voortdurend op soek na energieke voorvatters om by ons span aan te sluit. Elke persoon wat by Bester Voer & Graan werk, word noukeurig gekies om by die Maatskappy se kultuur in te pas.

    Daar is 'n wye reeks geleenthede beskikbaar vir dinamiese, goed gekwalifiseerde individue. Van handel tot finansiële administrasie, logistiek tot besigheidsadministrasie, bied Bester uitdagings en geleenthede om by jou aspirasies, vaardighede en kwalifikasies te pas.

    Die werknemers en hul kundigheid is ons maatskappy se grootste bates. Daarom streef ons nie net daarna om die regte werknemers te lok nie, maar ook om hulle te behou. Dit word gedoen deur opleidings- en loopbaanontwikkelingsgeleenthede aan te bied, 'n positiewe organisasieklimaat te skep en prestasie te beloon.

    Indien jy die eienskappe het wat by die Bester-profiel pas, stuur gerus jou CV na careers@bexgroup.co.za.


    Beurse


    Bester Nagraadse Ontwikkelingsprogram

    By Bester is daar 'n wye reeks geleenthede beskikbaar vir dinamiese, hardwerkende en goed gebalanseerde individue. Een van hierdie geleenthede is ons Nagraadse Ontwikkelingsprogram. Ons is ernstig oor mense wat 'n loopbaan by ons wil bou. Daarom belê ons in die ontwikkeling van gegradueerdes om 'n talentpyplyn van gekwalifiseerde jongmense te vestig wat goed toegerus is om toekomstige uitdagings in ons maatskappy aan te pak. Die program is gerig op studente in hul tweede jaar en hoër wat studeer in die rigtings van Besigheid, Finansies, Bemarking, Logistiek/Voorsieningsketting en Landbou.

    Aansoekers wat aan die volgende vereistes voldoen, kan aansoek doen:
    • 65% gemiddelde akademiese totaal.
    • Uitstekende kommunikasievaardighede. Moet in Afrikaans kan kommunikeer.
    • Analitiese vermoëns.
    • Spanspeler.
    • Voorkeur sal gegee word aan kandidate uit voorheen benadeelde gemeenskappe.
    Ondersteunende dokumente:

    Heg asseblief die volgende stawende dokumente by jou aansoek aan:

    • ’n Motiveringsbrief waarin jy uitbrei oor hoekom jy vir hierdie geleentheid oorweeg moet word.
    • Opgedateerde CV.
    • Amptelike akademiese transkripsies.
    • Suid-Afrikaanse ID.
    Aansoekprosedure:

    Aansoeke moet per e-pos na bursaries@bester.co.za gestuur word. Slegs kandidate op die kortlys sal deur die Bester Nagraadse Ontwikkelingspaneel gekontak word vir ’n onderhoud.