Maatskappy Oorsig
Bester Voer & Graan (Edms) Bpk (Bester), 'n BexGroup-maatskappy, is in 1994 gestig met die doel om landbouprodukte te bemark nadat die landboubeheerrade uitgefaseer is. Sedertdien het die organisasie, met sy hoofkantoor in Stellenbosch, gegroei tot een van die voorste landbouhandelorganisasies in Suider-Afrika, met 'n omset van meer as R25 miljard.
Bester streef daarna om waarde toe te voeg deur uitstekende diens, gespesialiseerde markkennis en innoverende risikobestuur om ons kliënte se welvaart te optimaliseer. Aanpassing en verandering motiveer ons om norme te oorskry en nuwe maatstawwe te stel.
Visie & Missie
Visie
Om die voorkeur-handelsvennoot van kopers sowel as verkopers te wees.
Missie
Ons bestuur die voorsieningsketting van graan- en veevoergrondstowwe in geselekteerde markte om die optimale welvaart vir kliënte, aandeelhouers en personeel te verseker.
Ons Waardes
Geskiedenis van Prestasies
Ons Voetspoor
Voetspoor