Vaalharts Pecan Plant
Die Vaalharts Pekan Aanleg is in die Vaalharts-streek, waar meer as die helfte van Suid-Afrika se pekanneute verbou word. Die hooffunksiesvan die Vaalharts Pekan Aanleg is die sortering, gradering en kraak van pekanneute. Neute wat geskik is vir uitvoer in die dop, word skoongemaak en gesorteer, terwyl halwe pekanneute en neutstukke deur ’n strenger proses van kraak en gradering gaan. Nadat neutmonsters getrek is, word dit volgens fisiese, mikrobiologiese en chemiese spesifikasies ontleed. Elke besending ontvang 'n gedetailleerde ontledings dokument met pekanneutspesifikasies om ooreenstemming te verseker.
Die Vaalharts Pecan Plant ondergaan jaarliks 'n ouditproses om te verseker dat verwerkingsprosedures aan die British Retail Consortium (BRC) se standaarde voldoen.
Treonne
Treonne word aangedryf deur sy intellektuele kapitaal om tegnologies gevorderde produkte in die dierevoedingsektor te lewer.
Produkte
Een van die toonaangewende produkte is TreoSOY, ’n hoë rumen-omleidingsproteïen wat groei by jong diere, wolproduksie by skape en melkproduksie by hoogproduserende melkbeeste aanhelp. Ander produkte, soos TreoSun (’n sonneblomproduk), Treoblend (soja en sonneblom) en Enhance (volvet-soja en sojameel), bevat ’n verskeidenheid verbyvloei-aminosure wat energievlakke verhoog. Dit verbeter die winsgewendheid van die produksie van melk en melkvastestowwe, en die groeitempo en voeromsettingsverhouding met bees- en skaapvleisproduksie. Weidende diere sal baat vind by verbyvloeiproteïen in lekke of ander voeraanvullings. Hierdie produkte word ook aanbeveel vir gebruik in intensiewe boerderye by weidende wildspesies.
Treonne is 'n voorbeeld van innovasie en word gedryf deur die behoefte aan spesialisprodukte vir die groeiende veevoermark.
Moorreesburg Silobag Depot
Die Moorreesburg Silosak Depot (MSD) is in die Swartland-streek van die Wes-Kaap naby Moorreesburg. MSD het in 2010 aan al die vereistes vir berging as 'n JSE Commodity Derivative Market (SAFEX) leweringspunt voldoen en is daarna vir graan geregistreer, en is sodoende die eerste silosakdepot in Suid-Afrika wat op die JSE genoteer is. Die aanleg het ’n kapasiteit van 40 000 ton en is toegerus met die jongste graderingstoerusting, ’n weegbrug en ’n elektroniese stelsel vir voorraadbestuur. MSD se goed opgeleide personeel verseker dat die korrekte graderings- en bestuurspraktyke gevolg word. Soos die depot se naam aandui, word graan in silosakke opgeberg. Die poliëtileensakke is van 60 m tot 120 m lank en kan elk van 180 ton tot 400 ton graan hou.
MSD het 'n gesonde element van mededinging in die graanbergingsbedryf gevestig. Dit moedig 'n voortdurende strewe na groter doeltreffendheid aan, wat laer bergingskoste tot gevolg het.
National Pride Lucerne
National Pride Lusern is ’n aanleg vir die verwerking van lusern (alfalfa) op Jan Kempdorp in die Noord-Kaap. Na gelang van die grootte van die bale kan sowat 12 000 ton Big Pack-bale van 500 kg tot 800 kg elk in die pakhuise opgeberg word. Dit stel Bester in staat om produsente se lusern so doeltreffend moontlik op te berg en te vervoer. Die aanleg voeg waarde toe tot die lusern deur die beste toerusting in Suider-Afrika te gebruik om lusern te gradeer en te maal.
National Pride Lucerne voeg waarde toe deur lusern op te gradeer, te maal en te kompakteer.
Bester Storage
Bester Storage is ’n pakhuisaanleg van 2 200 m2 wat maklike toegang tot Suid-Afrika se belangrikste verspreidingsroetes bied danksy sy strategiese ligging by Vanderbijlpark.
Die maatskappy is daarop toegespits om ’n lenige, ratse onderneming te bedryf wat tydelike opberging bied vir landboukommoditeite van alle streke, insluitend ons buurlande. Danksy gespesialiseerde materiaalhanteringstoerusting bied Bester Storage voortreflike diens deur ’n plaaslike span te gebruik wat akkurate voorraadbestuur en veiligheid aan sy kliënte verseker.
Bester Storage bied veilige tydelike berging vir landbouprodukte met optimale hantering van voorraad.
Louis Maree Depot
Louis Maree Depot (LMD) is gerieflik geleë in die hartjie van die Vrystaat, naby die dorpie Marquard.
Die aanleg bied die veilige opberging van landboukommoditeite in silosakke. Die depot ontvang mielies, soja, sonneblom en by geleentheid koring. Met ’n kapasiteit van 80 000 ton is LMD een van die grootste depots in sy omgewing. Toerusting van topgehalte verseker die optimale hantering van produkte. Graan word opgeberg in silosakke van 120 meter met ’n kapasiteit van 180 ton tot 380 ton na gelang van die kommoditeit.
Op die terrein is droogtoerusting van topgehalte om probleme met die voginhoud van graan uit die weg te ruim. Dit word aangevul met graderingsdienste. LMD is geregistreer as ’n Safex-leweringspunt en ons goed opgeleide personeel is altyd beskikbaar om die beste diens aan ons kliënte te bied.